Mahala

Paperback Published on: 24/05/2006; Language: Afrikaans
Price: £15.95
Free UK delivery on orders over £25, otherwise £3.99
Not available
This product is currently unavailable
Make and edit your lists in your account
No stock available in any shop.
Not available
This product is currently unavailable
No stock available in any shop.

Synopsis

Vrees was al so deel van hom dat hy dit nie meer as vrees herken het nie. Dit was in sy versigtige, byna sluipende manier van stap; in sy onrustige, wantrouende oe; in sy buitengewoon sagte stem; in sy soms stamelende manier van praat. Delport het homself selde nog daaraan herinner dat hy versigtig moet wees, sy oe oop moet hou. Dit was al vir hom normaal dat hy nie graag vreemdes ontmoet nie, dat hy net Caipemba toe gaan as dit noodsaaklik is. Hy het soveel duisend kriekende nagte onthou; tussen skemeraand en skemerdag soveel duisend muskiete se gesing, en tromme wat byna onhoorbaar ver die donker in pols. Soveel dae se sonne en sondes het in sy lyf gebrand, terwyl hy gewag het en soms wel bang was en soms dapperder - gewag het op 'n deur wag oopgaan, 'n struik wat skielik sal roer en oopgaan voor Ritter se gesig. Hy sou uit die son verskyn, daardie lang en lenige man, sy hand gereed op die rewolwer in sy bosbaadjie se sak. Nege jaar lank het Delport vir hom weggekruip. Maar toe, een laatmiddag in Caipemba, het Malia Domingo opgedaag.

Vir Delport was sy 'n vreemdeling en hy wou haar afgeskud kry, maar sy het iets van Ritter met haar saamgebring - sy gesig, in die vorm van 'n masker. Of was dit nie regtig Ritter se gesig nie?

Publisher information

  • Publisher: Tafelberg Publishers Ltd
  • ISBN: 9780624043898
  • Dimensions: 213 x 137 mm
  • Weight: 230g
  • Languages: Afrikaans

Customer Reviews